Heinrich Alberts is die gemeenteleier van Pharos gemeente. Sy visie is om elke lidmaat te begelei tot ’n aktiewe volgeling van Jesus. Hy glo in die gelykheid van elke gelowige, maar dat elkeen die groter liggaam van Christus dien met sy/haar besonderse gawes. Die inwoning van die Heilige Gees is die groot gelykmaker onder gelowiges en daarom is daar geen onderskeid tussen gelowiges op gronde van status, geleerdheid of enige iets anders nie. Daarom is sy teologiese opleiding slegs vir hom ’n “skillset” en verhoog dit hom of enige ander leraar op geen manier nie.  Hy is ook aktief betrokke by die breër kerk in ons Metro deur middel van die Transformasie PE beweging. Heinrich het ook ’n passie vir kleingroepe waar gelowiges mekaar kan mentor en begelei tot navolgers van Jesus. Hy is getroud met Liesl en hulle het vier kinders. Nicola, wat ’n leraar in ’n gemeente in Somerset-Wes is, Jaco wat finalejaar onderwys studeer en die tweeling Mieke en Niël wat in Gr 12 is.

Liesl Alberts is een van die leraars van Pharos gemeente. Sy is ’n Bybel student by uitstek en haar passie is om Bybelstudies uit te werk. Sy geniet die navorsing baie en haar in diepte studies oor onderwerpe is inspirerend. Sy is by uitstek ’n leraar en dit beleef ’n mense nie net in haar Bybelstudies nie, maar ook in haar prediking. Sy hou deeltyds skool by Laerskool Moregrove waar sy tans die musiekonderwyser is.

Hanlie is in 1986 met Herman Bosman getroud en hulle het twee kinders: Melanie en Hein.

Sy het in 1985 haar BCur graad in verpleging aan die Universiteit van Pretoria behaal.  Hanlie is tans die finansiële bestuurder van Pharos Gemeente.

Hanlie stel belang in fotografie, veral voëls asook video redigering.  Sy is lief vir die buite lewe, kamp en sport en doe nook graag loodglaswerk.

Hanlie se passie en visie is om voltyds in Pharos gemeente te dien en ‘n “Prophetic Prayer Ministry” (PPM) op die been te kry waar mense Heilige Gees gedrewe berading kan ontvang.

Etienne is getroud met Danica en hulle het 3 kinders:  Nina (7), Ruan (5) en Lize (3).  Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Framesby en is n gekwalifiseerde CA(SA

Sy stokperdjies sluit in visvang, jag, musiek en die buitelewe.  Hy is baie passievol oor sy nalatenskap en om verhoudings te bou oor kultuur en rassegrense asook die opleiding van Christelike leiers in veral die swart & bruin gemeenskappe.  Etienne het ook ‘n passie om manne te help om hulle roeping voluit te lewe en hy staan aan die hoof van ‘n inter kerklike mannegroep van +-40 manne wat elke Vrydagoggend bymekaar kom.

Riana is die gemeentebestuurder by Pharos en leef elke dag haar passies uit.  Sy is baie lief vir mense en wil altyd graag almal help.  Haar grootste passie is om mense te bemagtig om die persoon te word wat God hulle geskape het om te wees.  Sy is ook betrokke by die Touching Hearts Ministry waar die Bruid van Christus gerestoureer en herstel word.

Sy is getroud met die liefde van haar lewe, Leon en hulle het 2 pragtige seuns:  Ruan (23) en Conrad (16).

Riana is baie lief vir die buite lewe, lekker lang ente stap en om te gaan kamp – iets wat te min gebeur.

Leon is gelukkig getroud met Riana en hulle het 2 wonderlike seuns: Ruan (23) en Conrad (16).

Hy werk sy hele lewe lank in die finansiële industrie; 27 jaar vir Absa en nou die afgelope 20 maande by SBV.   Leon hou baie van geskiedenis en feitlike leesstof.  Hy is lief vir die natuur en kamp baie graag.

Vir Leon is die liefde van Jesus en liefde vir sy medemens baie belangrik.  Dis vir hom wonderlik om deel van ‘n geloofsgemeenskap soos Pharos te wees waar Jesus sy Bruid (ons, Sy kinders) oprig en toerus!

Ruan is verloof aan Celente en beskou homself as die gelukkigste man in die wêreld met haar aan sy sy.  Hy is baie lief vir braai, hou van eet en is mal oor gym. 

Hy is baie lief vir mense en het ‘n passie vir besigheid.  Hy glo sterk dat elke persoon geroep is om ‘n verskil te maak op hierdie planeet.  Die kans om as mens gebore te word is 400 triljoen teen een en dit laat hom verstaan dat die Here ‘n definitiewe plan met elkeen se lewe het.  Jou talent, passie, gawes en die lug in jou longe is ‘n massiewe geskenk van die Here en Sy liefde en genade gee ons genoeg rede om voluit te lewe.

Ek is ‘n onderwys student by NMU met taal as my hoofvakke, en is mal daaroor om met kinders te werk.  Musiek is egter my passie, en ek skryf en vervaardig my eie musiek in my ekstra tyd. 

My passie vir musiek is natuurlik ook betrokke in my bediening!  Ek lei ook saam met Petrus die lofsang en aanbidding in Pharos se dienste. 

Ek is passievol oor God se koninkryk, en wil deel wees van die groot planne wat Hy het vir Pharos as deel van die groter kerk.  Ek glo ons dien ‘n liefdevolle, teenwoordige God, wat ons elkeen wil kom ontmoet as die perfekte Vader.