Category Archives: Afkondigings

2017-08-20 Afkondigings

Gemeenteprogram

Vrydagaand
DNG is vanaand, oudergewoonte, in MTR Smit Kinderoord se saal vanaf 18:00 vir 18:30 tot 20:30.

Sondag
Sondagoggend skop ons ’n vier weke preek-reeks af waar ons gaan kyk waarom jy aan ’n gemeente moet behoort en wat ’n gemeente vir jou behoort te doen.  Ons skop af met die tema “Is jy regtig al deel van God se huisgesin” en ons teks is Efesiërs 2:11-22
Kom kuier lekker saam voor of na die diens rondom ’n heerlike koppie koffie/tee.  Nooi iemand saam om Pharos se gasvryheid te kom ervaar.

Kleuterkerk en Pharos KiDZ is in die groot sentrum, onder by die admin blok van MTR Smit. Dit vind dieselfde tyd plaas as ons erediens en jy kan vir Tania van der Merwe kontak wat aan die hoof staan van hierdie bediening.  Haar epos is taniavdm007@gmail.com

Dinsdag
Touching Hearts vind plaas om 08:30 en 18:30. Die kursus is nou gesluit en as jy belangstel sal jy moet wag tot 2018 wanneer die volgende Touching Hearts kursus afskop.

Donderdag
LIG oefen in die MTR Smit se saal. Kontak vir Petrus Meyer by petrus_meyer@yahoo.com as jy belangstel om deel te word van ons lofprysing en aanbiddings-span.