PHAROS GASVRYHEID

Onder leiding van Ilse le Grange bedien 19 dames uit die gemeente ons elke Sondag met lekker koffie en tee.  Hulle sien ook toe dat daar altyd ‘n heerlike eetdingetjie is.  Die doel van hierdie saamkuier is om elke lidmaat soos ‘n familielid te laat voel.

Vir meer inligting of om by hierdie bediening betrokke te raak, kontak vir Ilse by IlseL@pec.edu.za of vir Riana by riana@pharosgemeente.co.za

Heb 13:2   Moenie nalaat om gasvry te wees nie.  Deur gasvry te wees het party mense, sonder dat hulle dit besef, selfs engele tuis ontvang.