Pharos Ligstraaltjies

Kinderbediening is vir Pharos ‘n prioriteit.

Ons wil ons kinders se geloof wortel en ‘n liefde vir die kerk kweek sodat hulle as volwassenes aktiewe dissipels en dissipelmakers sal wees waar hulle ookal in die wêreld mag wees.

Ons gebruik elke geleentheid om laerskoolkinders met soveel moontlik wysheid uit Die Bybel toe te rus, om hulle te lei in ‘n lewende verhouding met God en om hulle bewus te maak van die werking van die Heilige Gees. Sodat hulle sterk kan staan in die uitdagings van die tienerwêreld.

Ons rus ouers toe om die hoof dissipelmakers van hul kinders te wees. Sodat ouers intiem betrokke kan wees by hul kinders se geestelike groei.

Paasfees

Ons het hierdie paastydperk, ‘n program gedoen wat Bybel-Media aanmekaar gesit het wat handel oor die oploop tot Jesus se kruisiging en opstanding. Hier is ‘n kort opsomming oor die program. Die pad na Paasfees is iets prakties wat families saam by die huis kan doen in die week voor Paasfees. Dit is spesiaal deur Rethie van Niekerk ontwikkel vir gesinne met laerskoolkinders. Die produk nooi families uit om die Bybelgedeeltes tydens Heilige Week te lees en so die Paasverhaal te volg. Jy kan Die pad na Paasfees gratis aflaai en Sondag in jou gemeente uitdeel. Druk dit uit op ʼn A3-papier. Jy kan dit ook op ʼn dikker papier fotostateer. Moedig gerus die families in jou gemeente aan om die Bybelgedeeltes te lees en die blokkies te knip en plak. Hier is die skakel as jy self wil gaan kyk daarna en dit met jou kinders wil behandel: https://eshop.bybelmedia.org.za/product/die-pad-na-paasfees/

Jy kan ons videos kry op Facebook of ons YouTube kanaal

Optika

Optika is Pharos se jeugbediening onder die Hoërskool leerders. Hier leer ons om na God se stem te luister en Sy wil vir ons lewens uit te voer. Ons kom weekliks op ‘n Sondagmiddag vanaf 17:00 bymekaar waar ons op ‘n informele wyse God se wil soek vir ons lewens. Daar word ‘n veilige ruimte geskep vir vrae vra en saam leer.

Alle hoërskoolleerders is baie welkom om by ons aan te sluit.

Kontak gerus vir Amari Buys as jy meer wil weet deur die volgende skakel te gebruik