Mannebediening

In geloof mannebediening

Agtergrond

In Geloof Mannebediening het 5 jaar terug ontstaan vanuit die NG Kerk Hoogland.  Ons is ‘n inter-kerklike bediening wat in geloof God wil dien, en so deur ons gawes, ‘n verskil te maak in ons gemeenskap, altyd gefokus op Jesus.

Byeenkomste

Ons kuier elke Vrydag vanaf 5h30 bymekaar in NGK Hoogland se kerksaal waar ons ‘n veilige ruimte skep waar alle manne welkom voel (saam met ‘n heerlike koppie koffie & tuisgebakte beskuit).  Hier mentor ons manne deur Geesvervulde sprekers, gereelde Bybelstudie, lofprysing, gebed, getuienisse en “fellowship”.  Ons bedien ons bejaardes met ‘n spesiale dag elke jaar waar ons hulle bietjie bederf word met iets lekkers om te eet en met sang.  Ons het gereelde sosiale byeenkomste soos ons jaarlikse naweek stap, jag, familie kampe, en nog vele meer.  Ons het ook ‘n fikheidsbediening, Beweeg In Geloof, wat al onder andere Tafelberg uitgestap het.

Al die Pharos manne word hartlik uitgenooi om deel te word van hierdie bediening.  Kontak vir Etienne Britz by ebritz@tappo.co.za of vir Riana by riana@pharosgemeente.co.za

KOM MAAK VRIENDE MET DIE MANNE VAN IN GELOOF!