Erediens voorbereiding-span

Erediens voorbereiding-span

Hierdie span toegewyde vrywilligers kom elke Sondagoggend vroeg bymekaar om die saal gereed te kry vir die erediens.  Hulle pak stoele uit, kry die klankstelsel gereed en sorg dat alles in orde is om almal welkom te heet asook om die diens sonder enige probleme glad te laat verloop.

Sonder hierdie vrywilligers sal daar nie ‘n erediens kan wees nie en hulle is baie kosbaar vir ons.

Vir meer inligting of om betrokke te raak by hierdie bediening, kontak vir Dewald by Vermeud1@telkom.co.za of Riana by riana@pharosgemeente.co.za