Mannebediening

Agtergrond

In Geloof Mannebediening is ‘n interkerklike bediening onder leiding van Etienne Britz wat in geloof God wil dien, en so deur ons gawes en talente,  as Geesvervulde manne ‘n verskil wil maak in ons gemeenskap, altyd gefokus op Jesus.

Byeenkomste

Ons kuier elke Vrydag vanaf 05h30 bymekaar in die voorportaal van Laerskool Mount Pleasant Skool waar ons ‘n veilige ruimte skep en waar alle manne welkom is (saam met ‘n heerlike koppie koffie en tuisgebakte beskuit).
Hier mentor ons manne deur Geesvervulde sprekers, gereelde Bybelstudie, lofprysing, gebed, getuienisse en “fellowship”.

Ons bedien ons bejaardes met ‘n spesiale dag elke jaar waar ons hulle bietjie bederf met iets lekkers om te eet en met sang. Ons het gereelde sosiale byeenkomste soos ons jaarlikse
naweek stap, jag, familie kampe, en nog vele meer.

Ons het ook ‘n fiksheidsbediening, Beweeg In Geloof, wat al onder andere Tafelberg uitgestap het.

Al Pharos se manne word hartlik uitgenooi om deel te word van hierdie bediening.

Kontak vir Etienne Britz of die kerkkantoor as jy meer wil weet

KOM MAAK VRIENDE MET DIE MANNE VAN IN GELOOF!

Teken in vir die Pharos Nuusbrief