TOERUSTING

Touching Hearts is ‘n “Healing & Deliverance” bediening en word weekliks oor ‘n periode van 5 maande aangebied.

Pharos Gemeente het in Januarie 2017 by hierdie bediening betrokke geraak nadat 3 lede van die leierspan die kursus bygewoon het en hulle merkbare geestelike verandering en groei in hulle lewens ervaar het. Touching Hearts ondersteun ook Pharos Gemeente se visie ne missie, naamlik, Vrygemaak om voluit te lewe.

Mense wat hierdie kursus bygewoon het kan getuig van bindinge wat oor hulle lewens gebreek is. Hulle hoor God se stem meer duidelik en het hulle geestelike gawes ontdek en pas dit toe in hulle lewens.

Kontak vir Anja Groenewald vir meer inligting

Die Alpha kursus is ‘n geloofsaktiverings-kursus wat strek oor ‘n periode van 12 weke waar daar weeklikse byeenkomste is asook 1 naweek waar almal saam weggaan.  Hierdie kursus word reeds vir baie jare regoor die wêreld aangebied.  In hierdie kursus word die basiese beginsels van ons Christenskap herbevestig en vrae soos, wat is die doel van my lewe, hoe lees ek die Bybel en hoe moet ek bid, beantwoord.

Die kursus bestaan uit saam eet, kyk na ‘n dvd en dan informele besprekings in kleingroepe.  Vanuit hierdie kursus word kleingroepe ook natuurlik gevorm.

Kontak vir Riana van den Heever of die kerkkantoor vir meer inligting

Alpha Jeug is n 9 week kursus wat handel oor God, Jesus en die Heilige Gees. Hierdie kursus leer jou wat dit beteken om ‘n Christen te wees. 
 
Alpha Jeug beoog om n veilige plek te wees waar die jeug opgewonde kan raak oor Jesus en moeilike vrae en gesprekke kan hê oor geloof en die lewe van ‘n Christen.

Kontak vir Amari Buys vir meer inligting

Teken in vir die Pharos Nuusbrief