Jy is welkom by pharos
Kom kuier en kom kyk
Ons nooi jou uit om saam met ons 'n vol en betekenisvolle lewe te ontdek – 'n lewe gewortel in die liefde van Jesus en versterk deur ‘n gemeenskap wat omgee. Ons glo ware oorvloed begin wanneer Jesus jou vrymaak – Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe!
Besoek ons
5 Circular Dr, Overbaakens, Gqeberha
WhatsApp ons
083 294 0650
Stuur vir ons 'n epos
info@pharosgemeente.co.za
Kyk gerus saam met ons...
Meer oor ons
Wat glo ons?
Â
Ons glo in:
God
In een God wat ewiglik bestaan in drie Persone – Vader, Seun en Heilige Gees. God openbaar Homself aan ons, nie net as die Skepper van die heelal nie, maar ook as ‘n liefdevolle Vader.
Jesus is verwek deur die Heilige Gees, gebore uit die Maagd Maria, en is waarlik God en waarlik mens. As God is die Heilige Gees gelyk in Wese met die Vader en die Seun. Hy oortuig die wêreld van sonde, geregtigheid en oordeel. Hy bewoon, lei en bemagtig elke gelowige.
Die Multimedia Bedieningspan bestaan uit ‘n tegniese en visuele span wat help om alles reg te kry vir dienste, spesiale geleenthede en ander bedieningsaktiwiteite. Hulle sorg dat klank, beligting en kameras reg werk sodat alles glad verloop.
Die bediening is opgedeel in vier spesialisgroepe:Â
Data, Klank, Beligting en Kamera en Videowerk
Hanteer aanbiedingstegnologie, insluitend PowerPoint, Presenter of ander sagteware vir liedere, Bybelverse en preeknotas.
Verseker tydige en akkurate projeksie van teks en beelde.
Werk nou saam met die aanbiddingspan en prediker om inhoud glad te vertoon.
Klank
Verantwoordelik vir klankgehalte tydens dienste en gebeure.
Stel die klankpaneel reg sodat sang en musiekinstrumente mooi en duidelik klink.
Maak seker dat mikrofone, luidsprekers en ander klanktoerusting reg werk vir goeie klank.
Beligting
Skep die regte atmosfeer deur doeltreffende beligting.
Kamera & Videowerk
Bedien kameras vir opnames of projeksie op skerms asook na moederskamer.
Maak seker dat die beeld duidelik en van hoë gehalte is vir mense wat aanlyn of in die kerk kyk.
Bedieningleier: Conrad van den Heever – 081 325 4076
Hierdie span speel ’n sleutelrol in die skep van ’n verwelkomende en gesellige atmosfeer deur Sondagoggende vir heerlike koffie en eetgoed te sorg. Indien jy lief is vir mense en om hulle te bedien, sluit gerus aan by hierdie span. Hierdie bediening se pligte sluit die volgende in:
Maak en bedien koffie, tee en verversings. Verseker dat die onthaalarea skoon en netjies is. Skep ‘n vriendelike en warm atmosfeer vir gemeentelede en besoekers.
Bedieningleier: Ilse le Grange 076 526 8203
Aanbidding is die hartklop van ons eredienste, en ons aanbiddingspanne help om die gemeente deur musiek en sang nader aan God te bring.
Pharos het tans twee aanbiddingspanne wat weekliks roteer.
As deel van ‘n span sal jy:
Musiek en sang tydens eredienste lei. Gereeld oefen en voorberei vir aanbiddingsgeleenthede. Saamwerk met die multimedia-span vir ’n vloeiende aanbiddingservaring.
Het jy ’n passie vir musiek en aanbidding? Kom wees deel van hierdie spesiale bediening!
Kontak Bedieningleiers:
- Aidan Bonny – 067 692 8430
- Hanlie Bosman – 082 803 1177
Ons jeugbediening help ons kinders en tieners om te groei in hulle geloof. Ons het tans 3 groepe:
Gloeilampies babas & kleuters
Vuurvliegies (Graad RR – Graad 6) – Pret, speletjies en Bybelse aktiwiteite.
Bright Sparks (Graad 7 en ouer) – Diep gesprekke en geloofsversterkende aktiwiteite.
Wat ons doen:
Help kinders en tieners om Jesus beter te leer ken. Speel, gesels en deel in interaktiewe Bybelstudie. Wees ’n mentor en rolmodel vir jongmense.
Jou tyd en liefde kan ’n groot verskil maak in ’n jongmens se lewe! Kom wees deel van hierdie wonderlike avontuur.
Bedieningleier: Lezinda Beer 071 364 3218
Gebed is die fondament van alles wat ons doen. Hierdie span kom saam om te bid vir die gemeente, gemeenskap en spesifieke versoeke.
Wat ons doen:
Bid voor eredienste vir God se leiding en seën. Bid vir spesifieke gebedsversoeke van mense wat ondersteuning nodig het.
Bedieningleier: Leon van den Heever: 082 990 4426
’n Kleingroep is ’n plek waar jy nuwe vriende kan maak, saam kan leer uit die Bybel en mekaar kan ondersteun. Dit help jou om geestelik te groei en ’n dieper band met ander te bou.
Wat gebeur in ’n kleingroep?
Ons kom weekliks of tweeweekliks bymekaar vir Bybelstudie en gesels. Ons bid vir mekaar en bied ondersteuning wanneer dit nodig is. Ons help in die gemeenskap en leer saam hoe om Jesus te volg.
Jy hoef nie alleen te wees nie – kom raak deel van ’n groep waar jy welkom en geliefd is!
Bedieningleier: Leon van den Heever: 082 990 4426
Ons glo dat elkeen wat by Pharos instap, tuis moet voel. Hierdie span is die eerste gesig wat besoekers sien en help met rigting en vriendelikheid.
Wat ons doen:
Groet besoekers en gemeentelede met ‘n glimlag. Verskaf basiese inligting oor die gemeente. Help besoekers om gemaklik en tuis te voel.
Bedieningleier: Ronel Annandale 082 456 9156
Hierdie span werk agter die skerms om seker te maak alles is reg vir ’n gemaklike en georganiseerde diens.
Wat ons doen:
Pak stoele uit.
Maak seker die badkamers is netjies en skoon. Hang baniere op: binne en buite die gebou.
Bedieningleier: Dewald Vermeulen: 081 354 3505
Hierdie bediening is vir ons senior lidmate en bied gereelde byeenkomste waar hulle kan kuier, leer en bemoedig word.
Wat ons doen:
Reël sosiale byeenkomste vir seniors. Bied ondersteuning en bemoediging. Verseker dat ons seniors deel bly van die gemeenskap.
Bedieningleier: Rika Stander 083 376 8356
Pharos se manne kom weekliks bymekaar vir bemoediging, Bybelstudie en gebed. Dit is ’n plek waar manne mekaar ondersteun in hul geloofsreis.
Wat ons doen:
Weeklikse byeenkomste vir dissipelskap. Ondersteuning en vriendskap. Spesiale geleenthede en uitreike.
Bedieningleier: Leon Annandale 082 455 9317
Ons gemeente is passievol oor sending en gemeenskapsprojekte. Ons doen korttermyn uitreike na plekke soos Andrieskraal om ’n verskil te maak. Hier deel ons die evangelie en bemoedig mekaar.
Bedieningleier: Lezinda Beer 071 364 3218
Elke maand kom die vroue van Pharos bymekaar vir ‘n tyd van kuier, lag en leer. Dit is ‘n plek vir vroue om mekaar te ondersteun en geestelik te groei.
Wat ons doen:
Reël en hou maandlikse byeenkomste. Aanmoediging en gebed vir vroue. Tematiese studies en gesprekke.
Bedieningleier: Riana van den Heever 083 294 0650
Die Omgee Bediening fokus daarop om liefde en ondersteuning te bring aan mense in nood. Ons besoek siek persone by die huis en in hospitale, en reik uit na dié wat eensaam is of deur ‘n tyd van verlies gaan. Ons glo in die krag van omgee en teenwoordigheid
Bedieningleier: Lezinda Beer 071 364 3218
Ons bedieninge
Geloof in aksie, toegerus om voluit te leef.
Vuurvliegies (Gr. RR to Gr. 6)
Elke Sondag, na afloop van die aanbidding, is ons kinders welkom in die jeuglokaal vir ‘n interaktiewe en betekenisvolle tyd van Bybelonderrig. Ons dien hulle op hul vlak met Bybelstories, memorisering van verse, aanbidding, en verskeie aktiwiteite wat die beginsels van God se Woord in hulle lewens vestig.
Bright Sparks
Ons jongmense vanaf Graad 7 kom na afloop van ons erediens bymekaar in die jeuglokaal. Ons wil ons jongmense begelei om dissipels van Jesus te wees, wat weer dissipels maak.
Eredienste
"Kom kuier en kom kyk" of ons geloofsfamilie die plek is waar jy inpas en geestelik kan floreer. Ons wil 'n veilige ruimte wees waar jy kan leer wat beteken dit om 'n volgeling van Jesus te wees. Ons erediens is op 'n Sondag om 09:00.
Skakel in…
Raak deel van ons veelsydige bedienings.
Diens in die kerk was nog nooit so maklik nie, eers moes jy ‘n Liviet wees, maar nou kan jy net inspring en help koffie bedien of klank beheer.
Algemene gereelde vrae:
Ons is 100% Afrikaans en is altyd oop tot Engelse besoekers en lidmate.
Heinrich Alberts is ons hoofleraar, met beide Lezinda Beer en Liesl Alberts as ons twee sekondere leraars.
Daar is geen nood vir vorms nie. Kom kuier gerus en kyk of jy 'n tuiste vind.
Ons verwelkom graag nuwe vrywilligers weens ons oortuiging om te dien in die koningkry van God. Skakel gerus vir Riana (ons gemeentebestuurder) - 083 294 0650.
Natuurlik, bring asseblief jou kinders en geniet die diens vanuit ons gemaklike kinderkamer. Die kinders kan ook deel raak van ons Vuurvliegie en Brightsparks groepies.
Sluit aan by ons nuusbrief
Vul jou email address in hieronder.