Welkom by
PHAROS GEMEENTE
Na die onlangse afgradering na vlak 1, het Pharos Gemeente weer begin met fisiese dienste. Alle Covid-19 protokolle sal gevolg word, so jy kan met ‘n geruste hart die diens saam met ons kom geniet.
Ons gaan steeds voortgaan om eredienste aanlyn te hou, so jy kan gerus dit volg deur die volgende skakels te gebruik.
WIE IS ONS
VISIE
Pharos Gemeente wil aktiewe dissipels maak en toerus in ‘n liefdevolle geloofsgemeenskap om sodoende die wêreld vir Christus te wen.
MISSIE
Pharos Gemeente gebruik die Alpha kursus as geloofsaktiveringskursus. Ons gebruik ook Touching Hearts as geestelike restourasieprogram en ons vestig gelowiges in kleingroepe sodat mense kan bly ontwikkel as aktiewe dissipels.
Word deel van Pharos Gemeente...
Kliek op een van die skakels om 'n lidmaatskapvorm aanlyn in te vul of af te laai
GELDSAKE
Jy kan nou ook jou dankoffer of kollekte elektronies gee deur middel van Zapper of SnapScan.
Jy kan die toepassing vir elkeen aflaai vanaf Android se Play Store en Apple se App Store en die kodes skandeer.




